Jagnaweek te Pearston

Die jagnaweek te Pearston is vir menigte van ons siggestremde inwoners 'n hoogtepunt op die jaarlikse kalender.

In die hande van ervare jagters, kry hierdie groepie siggestremdes die geleentheid om teiken te skiet, te jag en 'n 4X4 roete te beleef. Saans word daar gekuier om die vuur, musiek gemaak en die groep word bederf met die heerlikste etes.

'n Reuse dankie aan Niel Pretorius wat jaarliks hierdie uitstappie moontlik maak! Baie dankie ook aan elke ander borg wat 'n bydrae gemaak het.

*Die jagnaweek was 5 - 7 April 2019 te Hoeksfontein, Pearston