AANLYN -NAVORSER (DATABASIS): Kontrakpos

AANLYN -NAVORSER (DATABASIS): Kontrakpos

Innovation for the Blind (voorheen Instituut vir Blindes) bied ’n geleentheid vir ‘n Aanlyn Navorser. Hierdie persoon is grootliks verantwoordelik vir die werwing van nuwe name en donateurs via aanlyn insiatiewe. Die suksesvolle kandidaat sal daagliks intensief navorsing doen.

Pos- en persoonspesifikasies: 
- Goeie kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans)
- Bewese rekenaarvaardighede: Excel, Word
- Bewese internetvaardighede en gebruik van soekenjins
- Selfgedrewe
- Professioneel en stiptelik
- Bereid om in ‘n span te werk, maar kan ook eie inisiatief aan die dag lê.
- Teikengedrewe
- Akkuraat

Stuur u CV aan Ledivia@innovationfortheblind.org of skakel Megan May vir enige navrae op 023 347 2745 - X259.

Sluitingsdatum: 30 Julie 2018