Persverklaring

16 September 2019

Insake: Persverklaring: Innovation for the Blind: Lucas Meyer

Dis met groot hartseer dat Innovation for the Blind (voorheen bekend as Instituut vir Blindes) Saterdag 14 September 2019 moes afskeid neem van een van ons geliefde inwoners, Lucas Meyer (36). Hy is om 10:43 dood aangetref, voor die tehuis waar hy permanent woonagtig was, deur ‘n kuiergas wat ‘n ander inwoner besoek het. Die tehuis personeel is onmiddelik in kennis gestel en die personeel het dadelik die bestuur en nooddienste gekontak. Ons is baie dankbaar vir al die nooddienste – die Worcester SAPD, Ambulansdienste, die Patologiese eenheid en die Brandweer – wat ons ondersteun het en tans besig is met die nodige ondersoeke. Aangesien die ondersoek deur die SAPD nog nie voltooi is nie, kan ons nie meer inligting bied tov die omstandighede van sy dood nie.

Lucas was reeds sedert November 2001 ‘n permanente inwoner by Innovation for the Blind. Hy het gewerk in ons vaardigheidsontwikkeling program en ook self opleiding gebied aan ander inwoners as deel van ons interne opleidingsprogram. Lucas was ‘n liefdevolle en sagmoedige persoon en almal was baie lief vir hom. Ons innige simpatie aan sy vrou, sy moeder en ander familie. Hy sal gemis word deur al ons inwoners en personeel.

Stephné Botha

CEO: Innovation for the Blind