RCL Foods

Innovation for the Blind is baie bevoorreg om in 'n vennootskap met RCL Foods te kon tree met 'n innoverende werkskeppingsgeleentheid.

Ons inwoners met sig- en meervoudige gestremdhede maak die waterdruppers, wat die hoenders water voer, skoon en vervang ook sekere van die parte.

Adri Venter, Liezel Venter, Siya Xamlashe, Michelle Doran en Glennie van Neel van RCL Foods het by ons kom kuier en die groep bederf met 'n lekkergoedpakkie en koeldrank om dankie te sê vir al hulle harde werk deur die loop van die jaar.

Dankie RCL Foods, ons waardeer julle betrokkenheid by ons organisasie.