SWEMBAD OPGRADERING

Ons swembad het vir die eerste keer in 40 jaar noodsaaklike opgradering ondergaan. Ons kon hierdie taak nie sonder die hulp van borge, vriende en vennote aanpak nie!
'n Reuse dankie aan die volgende persone en ondernemings vir jul bydrae tot die herstel van ons swembad:
  • Pieter van Deca vir die skenk van stene wat ons kon gebruik as plaveisel by die swembad.
  • Mossie, Jaco en die Graham Beck-span vir die lê van die stene in 'n rekordtyd van 2 dae! Hulle het die reuse taak met soveel positiwiteit en entoesiasme verrig. Die eind resultaat “speaks for itself”.
  • Breërivier Besproeiing Robertson.
  • Johan van Dynamic Pools.
  • Robert vir die verf.
  • Ds Jurie wat gehelp het met die oorbou van die gekraakte muur by die pompkamer.
  • Ons dank en waardering ook aan Philip Swart en ons interne instandhoudingspan wat hierdie projek dryf.
Swembad Opgradering