OPERASIONELE BESTUURDER

Innovation for the Blind is ‘n NPO wat ‘n verskeidenheid van dienste bied aan persone met visuele gestremdhede, en is gelee in die pragtige bergomringende Worcester.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor bewese ondervinding, kennis en vaardighede tov die daaglikse bestuur van ‘n omgewing waar Residensiele sorg en Vaardigheidsontwikkeling gebied word aan persone met visuele en addisionele gestremdhede.

Verantwoordelikhede sluit in:

  • Ontwikkeling van ‘n Strategiese plan vir Versorging en Vaardigheidsontwikkeling in die konteks van Mediese en Maatskaplike Dienste.
  • Operasionele bestuur, diensvlak lewering en monitering.
  • Begroting en Kostebestuur
  • Inisiëring van addisionele inkomste geleenthede

Pos- en persoonspesifikasies:

  • Minimum 10 jaar toepaslike bestuursondervinding op Seniorsbestuursvlak.
  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Uitstekende Administratiewe Vaardighede
  • Goeie kommunikasievaardighede (in beide Engels en Afrikaans).
  • Leierskapsvaardighede
  • Rekenaar en syfervaardighede
  • Interpersoonlike vaardighede
  • Geldige Kode 8 rybewys
  • Professionele voorkoms en optrede

CV kan ingehandig word by MHB.  Epos CV na ledivia@innovationfortheblind.org Skakel Megan May vir enige navrae of verdere besonderhede by X 259 / 023 347 2745.

Sluitingsdatum: 11 Maart 2019

Operasionele Bestuurder