Toesighouer: Instandhouding

Innovation for the Blind, voorheen bekend as Instituut vir Blindes, bied tans ‘n uitdagende beroepsgeleentheid binne ons interne Instandhoudingspan. Die geskikte kandidaat moet instaat wees om die instandhouding van ons uitgebreide eiendomsportefeulje te behartig asook die instandhoudingspan en eksterne kontrakteurs te bestuur.

Pos- en persoonspesifikasies:

  • Bewese kennis en ervaring van:
  •  Elektries,
  • Loodgieter
  • Houtwerk / Skrynwerk
  • Konstruksie
  • Risiko Bestuur mbt Instandhouding
  • Ondervinding mbt beplanning in die opstel van instandhoudingskedules, en monitering van ‘n instandhoudingsbegroting
  • Leierskapvaardighede
  • Administratiewe en Rekenaar Vaardighede
  • Goeie kommunikasievaardighede (in beide Afrikaans en Engels)
  • Geldige kode 10 rybewys word aanbeveel.

‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal in u guns tel.

Alle aansoeke moet ’n polisieklaring insluit.

Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849. Epos CV na ledivia@innovationfortheblind.org Skakel Megan May by 023 347 2745 vir verdere besonderhede.

Sluitingsdatum: 8 Maart 2019

Advertensie Toesighouer Instandhouding-1