Letterkunde- & Poësiekompetisie
SIEN MET DIE HART | KOMPETISIE
Is jy ’n kreatiewe persoon met ’n liefde vir die Afrikaanse taal en het jy ’n storie om te vertel? ✍️
Ons nooi jou uit om jou kreatiwiteit uit te leef en deel te neem aan ons “Sien met die Hart” Poësie- & Letterkundekompetisie!
Die uitdaging: Skryf oor iets wat jy nie noodwendig met jou oë kan sien nie, maar wat jy met jou hart, emosies of ander sintuie kan ervaar.
Staan 'n kans om 'n Geskenkboks ter waarde van R300 te wen.
Die Kompetisie Wenner word die 26ste Oktober 2026 Aangekondig
11 September – 23 Oktober 2026
Vir 'n geldige inskrywing:
- Like/Volg ons Facebook- of Instagram-blad.
- Tag 3 vriende in die kommentaar.
- Dien jou gedig in met jou e-posadres via ons webwerf:
Laat jou woorde praat. Laat jou hart wys wat jy sien.
Jou stem. Jou storie. Jou perspektief.
Basiese kompetisie reëls:
• Die kompetisie is oop vir persone vanaf 16 jaar.
• Jou inskrywing moet aansluit by die tema “Sien met die Hart”.
• Elke deelnemer mag slegs een inskrywing indien.
• Die werk moet oorspronklik en jou eie wees.
• Alle inskrywings moet teen 23 Oktober 2026 ontvang wees.
• Deur in te skryf, gee jy toestemming dat jou werk vir bemarkings- en bewusmakingsdoeleindes gedeel kan word.
Die wenner word op 26 Oktober 2026 aangekondig.

