Dare to Care: Siggestremdes wil sop kook vir Mandela
Worcester Standard, 13 Julie 2023 | Chimoné Maartens
Ter viering van Nelson Mandela-dag op 18 Julie wil Innovation for the Blind se inwoners hul houtlepels afstof en in Julie heerlike groentesop maak vir mense in die gemeenskap wat in nood verkeer.
“Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap wat ons op verskeie maniere ondersteun en ons in staat stel om voort te gaan met die nodige ondersteuning en sorg van ons blinde, swaksiende, doofblinde en meervoudiggestremde inwoners. Ons wil daarom graag ons waardering toon vir al die seëninge wat ons daagliks ontvang deur diensbaarheid te betoon teenoor ander in nood,” sê Chaline van der Merwe, Maatskaplike Werker by Innovation for the Blind.
Innovation for the Blind se personeel en inwoners wil graag hulle sopmaakvaardighede op die proef stel, maar het ons die gemeenskap se hulp nodig.
Raak só betrokke:
- Skenk enige sopitems, bv. sopmengsel, wortels, uie, aartappels, soppoeier, sopbene ens. en lewer dit af by Ons Winkel, Kerkstraat 126.
- Koop ‘n virtuele geskenkbewys by Checkers of Pick n Pay, stuur dit aan ons en ons doen die inkopies self.
- Maak ‘n donasie via ons webtuiste www.innovationfortheblind.org
Enige donasie, hoe klein ook al, sal ‘n GROOT verskil maak. Saam kan ons elke dag ‘n Mandela Dag maak!
Baie dankie aan diegene wat reeds betrokke geraak het by die projek. Vir enige inligting bel vir Ciske by 023 347 2745 of stuur ‘n e-pos na reception@innovationfortheblind.org
MAGDA LOUW, GEWILDE EENVROUVERTONING, BY OUT OF OFFICE FUNKSIE
Innovation for the Blind in Worcester se gewilde Out of Office funksie vind plaas op Woensdag, 6 September 2023. Desiré Gardner kom vermaak ons met haar gewilde eenvrouvertoning “Magda Louw”. Met top gehalte vermaak en ‘n heerlike driegang-maaltyd, beloof die geleentheid om ‘n baie genotvolle en gesellige oggend te wees. Kaartjies beloop R340 per persoon en kan bespreek word by Ciske by 023 347 2745 of stuur ‘n e-pos na reception@innovationfortheblind.org