ERATH SWANEVELDER: STILLE SIEKTE STEEL SY VISIE, MAAR NIE SY GEES
Wêreld Gloukoom Week (12-18 Maart) word herdenk om bewusmaking te kweek van die tweede mees algemene oorsaak van blindheid in die wêreld. Erath Swanevelder, ‘n inwoner van Innovation for the Blind, is een persoon van vele wat geaffekteer word deur hierdie stille verblindende siekte, maar kommer nie – hierdie siekte steel dalk sy visie, maar nie sy gees nie!
Erath, wat alreeds vanaf 2003 betrokke is by Innovation, vorm deel van ons eie Tuinbouspan, wat heeltemal onder toesig is en bestaan uit inwoners met visuele gestremdhede. Voor hy sy hande begin vuil maak het, was Erath jare gelede betrokke by ons matrasafdeling en het daarna leer matte weef in ons kreatiewe afdeling. Erath is mal oor fisiese aktiwiteite en is onder andere ‘n kranige rolbal speler, langafstand atleet en toegewyde Parkrun deelnemer. Hy het vele toernooi deelnames en medaljes om te getuig van sy liefde vir hierdie sportsoorte.
Gloukoom was by hom opgetel toe hy 18 jaar oud was, en alhoewel dit onder beheer was, het sy visie begin erg agteruit gaan toe iemand perongeluk sy vinger in Erath se oog druk tydens ‘n karate oefening, en sy lens geskuif het. Na twee oog operasies is sy korneas egter te beskadig en is sy lens heeltemal uitgehaal. Erath noem hy het al vrede gemaak met sy kondisie en is hy net bly om steeds aktiwiteite te kan doen waarvoor hy lief is. Hy bieg egter dat daar een ding is waarna hy verlang, en dit is vlieg. Sy pa, wat ‘n vlug ingenieur was, het hom self leer vlieg op ‘n jong ouderdom. Vandag bly Erath saam met sy vrou van byna 5 jaar, Sharon, in ons AS Cronjé woonstelle en los maar die vlieg vir hul drie geliefde budgies.
Wat is gloukoom? Gloukoom is ‘n toestand wat skade aan jou oog se optiese senuwee veroorsaak en mettertyd erger word. Gloukoom word veroorsaak as gevolg van agteruitgang van die optiese senuwee. Ouderdom, familiegeskiedenis, fisiese beserings aan die oog en verhoogde oogdruk is faktore wat die risiko van gloukoom kan verhoog. In die meeste gevalle is daar geen vroeë simptome of pyn nie. Een van die eerste tekens is dikwels verlies van perifere (sy) visie, maar dit kan tot laat in die siekte onopgemerk bly. Gloukoom is dikwels beskryf as die “stille verblindende siekte” omdat daar geen spesifieke simptome of aanduidings is nie. Vroeë opsporing van gloukoom is die sleutel tot die voorkoming van visieverlies, asook die belangrikheid daarvan om elke twee jaar ‘n volledige oogondersoek te laat doen.
Verskeie vinnige en pynlose toetse kan gedoen word om te kyk of jy gloukoom het, insluitend visietoetse en metings van die druk in jou oë. Gloukoom kan nie voorkom of genees word nie, maar dit kan behandel en beheer word. Onmiddellike behandeling vir vroeë stadium gloukoom kan die vordering van hierdie siekte vertraag – daarom is diagnose baie belangrik. As jy bekommerd is, kontak jou dokter of oogkundige.
As jy ‘n verskil in die lewe van ‘n siggestremde persoon, soos Erath, wil maak, kontak ons gerus by 023 347 2745, stuur ‘n e-pos na info@innovationfortheblind.org of besoek ons webwerf by www.innovationfortheblind.org

