Dankie Lottoland
Jak de Priester en die span van Dankie Lottoland het onlangs by ons besoek afgelê en ons organisasie, ons inwoners en die Weber-familie geseën met ‘n verskeidenheid terapeutiese toerusting, finansiële bydraes asook bydraes tot ons sonpaneel-droom.
Die Dankie Lottoland episode was Saterdag, 3 Julie, om 18h00 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai. Heruitsendings is Maandag om 15h00 en 22h00 en is ook beskikbaar op DSTV Catch Up.
Kontak ons gerus vir meer inligting of as u betrokke wil raak by ons organisasie.