MANDELA GENEROSITY PROGRAM
Ons het Mandela-dag sommer ‘n hele maand lank gevier!
Ons ontvang daagliks soveel seëninge en wou graag ook teruggee aan die gemeenskap. Baie dankie aan elke persoon wat ons brei-willigheid projek asook ons sopprojek ondersteun het – met julle bydraes kon ons ‘n reuse verskil maak! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir elke skenking, donasie en bydrae!
Ons kon die volgende projekte aanpak:
- Sop is uitgedeel by NG Moedergemeente Worcester, ACVV tehuis en by Nuwe Begin Nagskuiling
- 17 gebreide kombersies is gegee aan Sandy’s Eden – Animal Rescue Worcester
- 30 gebreide musse en serpe is geskenk aan Awendrus Tehuis vir Ouer Persone
- 104 gebreide musse en 17 kindertruie is uitgedeel deur Women of Hope
- 10 vroetelhandskoene is gegee aan inwoners van Huis Brevis wat aan dementia ly
- 135 gebreide potloodsakkies is geskenk aan Breede Valley School of Skills
- 30 bederfpakkies aan slagoffers by Thuthuzela / FCS
- 15 bederfbokse aan die kraamafdeling van Worcester Hospitaal