Russiese Teologiestudente lê besoek af
‘n Groep Russiese Teologiestudente het onlangs besoek afgelê by NGK Vallei Gemeente. Ds Hans Steyn wou graag die studente blootstel aan ons plaaslike gemeenskap. Hulle het ook Innovation for the Blind besoek, meer geleer rondom ons organisasie en aangebied om betrokke te raak by ‘n projek.Hierdie studente het ‘n verfskenking gekry en die heining by ons Porterstraat Anneks (wat deel vorm van Huis de Villiers) afgeskuur en geverf. Frikkie Botha, George Badenhorst en Peter Nicholas (inwoners van Innovation for the Blind) het musiek gemaak terwyl die studente gewerk het.Ons opregte waardering aan hierdie groep wat met soveel ywer en vrolikheid hierdie projek aangepak het.