Internskap Geleenthede
‘n Geleentheid bestaan tans tov EPWP Internskappe by Innovation for the Blind vanaf 15 Junie 2022 vir ‘n periode van 10 maande in die volgende afdelings en poste:
- Internskappe by ons Tehuise: Hulpverlening en ondersteuning aan inwoners asook algemene skoonmaaktake. (Tehuise vir persone met visuele en addisionele gestremdhede asook Tehuis vir bejaardes)
- Internskappe vir administratiewe ondersteuning by ons Menslike hulpbron afdeling asook Medies en Dienste afdeling.
Die ideale kandidaat beskik oor die volgende
- Toepaslike kwalifikasie waar van toepassing (bv. Tuisversorging opleiding; administratiewe vaardighede)
- Uitstekende interpersoonlike- en kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans)
- Die vermoë om selfgedrewe en onafhanklik te werk
- Die vermoë om druk te hanteer
- Kan goeie mense verhoudinge handhaaf
Die ideale kandidate moet bereid wees om skofte te werk. Polisieklaring moet aansoek vergesel.
CV kan ingehandig word by MHB of per e-pos.
Kontak Megan May vir enige navrae of verdere besonderhede by 023 347 2745 / hr@innovationfortheblind.org
Sluitingsdatum: 13 Junie 2022 om 13:00
