Mandela Generosity Program
Met al die seëninge wat ons op ‘n daaglikse basis ontvang, wou ons graag terug gee aan die gemeenskap en ander organisasies tydens ons Mandela Generosity Program.
Vanjaar het ons gefokus op vroeggebore (prematuur) babas in die plaaslike hospitale en kon ons die allermooiste gebreide truitjies, mussies en kombersies uitdeel. Ons inwoners en vrywilligers, wat deel vorm van ons Brei-willigheid projek, het omtrent gewoeker om soveel harte bly te maak.
Met die hulp van skenkings en donasies kon ons ook weer vanjaar sop kook en uitdeel in die gemeenskap. Ons musiekgroep, wat bestaan uit talentvolle inwoners, het saam gegaan en musiek gemaak tweryl die mense geduldig gewag het. Die kinders het verstom gestaan en luister na die pragtige musiek!
Ons inwoners was so geraak deur die nood in die gemeenskap en kon oppad terug in die bussie nie uitgepraat raak oor alles waarvoor hulle dankbaar is nie.
Alhoewel ons gedink het ons gaan ‘n impak op die gemeenskap maak, het die gemeenskap ‘n veel groter impak op ons gemaak.
Skenkings is by die volgende plekke afgegee: Worcester Hospitaal, Brewelskloof Hospitaal, ASD Sean Kelly, Avian Park
Sop is uitgedeel in die Avian Park gemeenskap en by Bollieland Creche.
“We know only too well that what we are doing is nothing more than a drop in the ocean. But if the drop were not there, the ocean would be missing something.
– Mother Teresa