Vakante Pos: Administratiewe Beampte
‘n Loopbaan geleentheid bestaan tans vir ‘n veelsydige, energieke persoon wat verantwoordelikheid kan aanvaar vir alle administratiewe funksies verbonde aan die hantering en monitering van inwoners se finansies.
Pos Kernverantwoordelikhede:
- Kontant en Debiteure administrasie
- Maandelikse ouderdomsanalise en rekonsiliasies
- Algemene administratiewe en rekenkundige funksies
- Teboekstel van alle transakies tov inwonersgelde
Pos- en persoonspesifikasies:
- Senior Sertifikaat en toepaslike ondervinding
- Administratiewe vaardighede
- Bewese vaardigheid met PASTEL
- Rekenaarvaardig (MS Word en Excel)
- Geldige kode 8 rybewys (PDP sal in guns tel)
- Die vermoë om druk te hanteer
- Goeie syfervaardighede
- Uitstekende interpersoonlike- en kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans)
- Die vermoë om selfgedrewe en onafhanklik te werk
Polisieklaringsertifkaat is ‘n vereiste vir hierdie pos.
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2022
Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849 of e-pos u CV na Megan May by hr@innovationfortheblind.org