Vakante Pos: Geregistreerde Verpleegkundige
Innovation for the Blind, voorheen bekend as Instituut vir Blindes, bied tans ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n Geregistreerde verpleegkundige. Die ideale kandidaat moet geregistreer wees by die S.A. Raad op Verpleging en moet beskik oor ʼn bewys van indemniteit. Hierdie persoon sal verantwoordelik wees om versorgingsdienste aan ouer persone asook persone met gestremdhede binne die organisasie te koordineer.
Verantwoordelikhede:
- Koördineer en moniteer verpleeg- / versorginsdienste soos gelewer aan ouer persone en persone met gestremdhede.
- Bied verpleegsorgdienste aan persone in sorg van die organisasie
- Bestuur verpleegsorg- en versorgingspersoneel
- Toesig dat aan statutêre vereistes voldoen word
- Opleiding van versorging- en verpleegpersoneel
- Ontwikkeling en implementering van prosedures en handleidings, beleidsdokumente en inligtingstukke.
- Hantering en monitering van medikasie en spesifiek kontrole van skedule medikasie.
- Behartig administratiewe funksies tov bogenoemde dienste en moet dus rekenaarvaardig wees (Microsoft Office en Outlook)
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor relevante ondervinding in hierdie veld van dienslewering; die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer en interpersoonlike verhoudings te bestuur; bewese bestuursvaardighede asook ‘n geldige kode 8 rybewys hê. Die ideale kandidaat moet bereid wees om na ure noodgevalle te hanteer.
E- pos u CV na: hr@innovationfortheblind.org
CV’s kan afgegee word by Ons Winkel in Kerkstraat 126. Kontak MHB by 023 347 2745 vir verdere besonderhede.
Sluitingsdatum: 13 Julie 2022