Vakante Pos: Algemene Assistent: Hoofkantoor
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Algemene Assistent by die Hoofkantoor van Innovation for the Blind.
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir afstof, poleer, vee, vloere was, stofsuig en ander algemene huishoudelike skoonmaaktake van kantore en algemene ruimtes. Die posbekleer het ook ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van tee, bediening tydens vergaderings en besoeke asook hulpverlening tydens fondswerwingsaksies en funksies. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ondervinding beskik, noukeurige aankope kan doen, en bereid wees om die ekstra myl te stap en by te dra tot die positiewe en professionele beeld van die afdeling.
Pos- en persoonspesifikasies:
- Toepaslike ondervinding in skoonmaaktake
- Betroubaar en kan konfidensialiteit handhaaf
- Selfgedissiplineerd
- Pligsgetrou
- Hardwerkend
- Verantwoordelik
- Noukeurig
- Kan onafhanklik werk
- Kan goeie menseverhoudinge handhaaf
- Polisieklaring moet u aansoek vergesel.
CV kan ingehandig word by MHB. Skakel Megan May vir enige navrae of verdere besonderhede by X 259 / 023 347 2745.
Sluitingsdatum: 24 Junie 2022