Vakante Pos: Geregistreerde Verpleegkundige
Innovation for the Blind, voorheen bekend as Instituut vir Blindes, bied tans ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n visuele en addisionele gestremdhede. Die ideale kandidaat moet geregistreer wees by die S.A. Raad op Verpleging en moet beskik oor ʼn bewys van indemniteit. Hierdie persoon sal verantwoordelik wees om versorgingsdienste aan ouer persone asook persone met gestremdhede binne die organisasie te koordineer.
Verantwoordelikhede:
- Koordineer en moniteer verpleeg- / versorginsdienste soos gelewer aan persone met visuele en addisionele gestremdhede.
- Koordineer en bied verpleegsorgdienste
- Bestuur verpleegsorg- en versorgingspersoneel
- Toesig dat aan statutêre vereistes voldoen word
- Opleiding van versorging- en verpleegpersoneel
- Ontwikkeling en implementering van prosedures en handleidings, beleidsdokumente en inligtingstukke.
- Hantering en monitering van medikasie en spesifiek kontrole van skedule medikasie.
- Behartig administratiewe funksies tov bogenoemde dienste en moet dus rekenaarvaardig wees (Microsoft Office en Outlook)
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor relevante ondervinding in hierdie veld van dienslewering; die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer en interpersoonlike verhoudings te bestuur; bewese bestuursvaardighede asook ‘n geldige kode 08 rybewys hê. Die ideale kandidaat moet bereid wees om na- ure noodgevalle te hanteer.
E- pos u CV na: ledivia@innovationfortheblind.org CV’s kan afgegee word by Ons Winkel in Kerkstraat 126. Skakel Ledivia Hamman by 023 347 2745 vir verdere besonderhede.
Sluitingsdatum: 4 Maart 2022