Vakante Pos
SENIOR GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE
Innovation for the Blind, voorheen bekend as Instituut vir Blindes, bied tans ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n Geregistreerde verpleegkundige. Die ideale kandidaat moet geregistreer wees by die S.A. Raad op Verpleging en moet beskik oor ʼn bewys van indemniteit asook Polisieklaring. Hierdie persoon sal verantwoordelik wees om alle mediese- en verpleegsorgdienste aan ouer persone asook persone met gestremdhede binne die organisasie te koördineer.
Verantwoordelikhede:
- Koördineer en moniteer verpleegsorgdienste soos gelewer aan ouer persone en persone met gestremdhede.
- Koördineer en bied mediese dienste aan persone in sorg van die organisasie
- Lewer bydraes op die multi-dissiplinere span tov verpleeg- en sorgdienste asook lewensvaardighede aan volwassenes met gestremdhede en bejaarde persone tov hul individuele ontwikkelingsplanne.
- Bestuur en monitor verpleegpersoneel.
- Opleiding van versorging- en verpleegpersoneel
- Koördineer en monitor dat daar aan statutêre vereistes voldoen word
- Ontwikkel handleidings en beleidsdokumente tov standaard operasionele prosedures en ondersteun die implementering van bestaande beleidsdokumente en handleidings.
- Hantering en monitering van medikasie, spesifiek kontrole van skedule medikasie.
- Behartig administratiewe funksies tov bogenoemde dienste en moet dus rekenaarvaardig wees (Microsoft Office en Outlook)
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor relevante ondervinding in hierdie veld van dienslewering; die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer en interpersoonlike verhoudings te bestuur; bewese bestuursvaardighede asook ‘n geldige kode 08 rybewys hê. Die ideale kandidaat moet bereid wees om na- ure noodgevalle te hanteer.
E- pos u CV na: ledivia@innovationfortheblind.org / CV’s kan afgegee word by Ons Winkel in Kerkstraat 126. Skakel Ledivia Hamman by 023 347 2745 vir verdere besonderhede.
Sluitingsdatum: 20 Desember 2021