Bederf ‘n bejaarde
Alzette Gildenhuys van Golden Hearts Silver Linings het vroeg in die jaar reeds begin geskenke insamel vir haar “Bederf ‘n Bejaarde” veldtog.
Die publiek is aangemoedig om ‘n Kersfees bederfboks ter waarde van R300 te borg of hul eie bederfboks te pak spesifiek vir Huis Brevis, tehuis vir bejaardes, se inwoners. Elkeen van die 90 inwoners het Saterdag, 11 Desember ‘n geskenk ontvang en die tehuis het boonop addisionele donasies ook ontvang.
Baie dankie aan Alzette en elke persoon wat hierdie projek ondersteun het – ons harte loop oor van dankbaarheid.