Vakante Pos: Skoonmaker Ebenhaezer
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Skoonmaker by Huis Ebenhaezer. Die posbekleër is verantwoordelik vir algemene skoonmaaktake (stofsuig, was van mure, opruim van afdeling, skoonmaak van badkamers ens.) verrig. Die kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir algemene versorging, hulpverlening en bystand aan inwoners.
Die ideale kandidaat moet bereid wees om skofte te werk en oor toepaslike ondervinding beskik. (Skofte sal dag- en nagdiens behels.)
Pos- en persoonspesifikasies:
- Geduldig
- Betroubaar
- Kan onafhanklik werk
- Polisieklaringsertifikaat
- Interpersoonlike vaardighede
- Kan goeie menseverhoudinge handhaaf
- Goeie kommunikasievaardighede (in beide Engels en Afrikaans).Integriteit
- Positiewe waardesisteem
- Professionele voorkoms en optrede
Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849 of e-pos u CV na Megan May by hr@iftb_userag_2020
Sluitingsdatum: 25 April 2022
Navrae kan gerig word aan Megan May by 023 347 2745