Vakante Pos: Versorger (Ebenhaezer)
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Versorger by Huis Ebenhaezer, Tehuis vir inwoners met meervoudige gestremdhede.
Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die optimale versorging van die inwoners. Die ideale kandidaat moet bereid wees om skofte en nagdiens te werk en oor toepaslike ondervinding beskik.
Pos- en persoonspesifikasies:
- Senior sertifikaat
- Bewese ondervinding in veld van versorging (Kwalifikasie in Tuisversorging word aanbeveel)
- Geldige kode 8 rybewys (PDP word aanbeveel)
- Goeie kommunikasievaardighede (in beide Engels en Afrikaans)
- Geduldig
- Kan onafhanklik werk
- Kan goeie menseverhoudings handhaaf
Polisieklaring of bewys van aansoek verpligtend.Kontakbare verwysings van laaste indiensneming.
CV kan ingehandig word by MHB, of epos na ledivia@innovationfortheblind.org Skakel MHB vir enige navrae of verdere besonderhede by 023 347 2745. Sluitingsdatum: 6 Februarie 2023