Dankie, Stettyn!
Innovation for the Blind het die voorreg gehad om Saterdag, 4 Junie, deel te wees van Stettyn Family Vineyards se bekendstelling van hulle nuwe MCC, The Deed.
Stettyn Kelder is reeds vir ‘n geruime tyd al betrokke by ons organisasie. ‘n Gedeelte van die opbrengste van Babelki, Stettyn se vonkelwyn, word aan Innovation for the Blind geskenk. Die Babelki etiket spog ook met ‘n beskrywing in braille.
Tydens die geleentheid is ‘n tjek van R10 250.00 aan ons oorhandig. Baie dankie aan Stettyn Kelder vir skenking en jul betrokkenheid by ons organisasie. Dankie ook aan elkeen wat hierdie uitmuntende produk koop en so ook ‘n verskil maak. Ons harte loop oor van dankbaarheid.