Vakante Pos: Huis Ebenhaezer: Washuishulp
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Washuishulp by Huis Ebenhaezer. Die posbekleër is verantwoordelik vir algemene washuistake onder andere was, stryk en opvou van wasgoed, asook algemene skoonmaak take binne tehuis.
Die ideale kandidaat moet bereid wees om skofte te werk ingesluit naweke en oor toepaslike ondervinding beskik.
Pos- en persoonspesifikasies:
- Geduldig
- Betroubaar
- Kan onafhanklik werk
- Kan goeie menseverhoudinge handhaaf
- Goeie kommunikasievaardighede (in beide Engels en Afrikaans)
- Bereidwilligheid om te leer.
CV plus ‘n polisieklaring kan ingehandig word by MHB. Skakel Megan May vir enige navrae of verdere besonderhede by X 259 / 023 347 2745.
Sluitingsdatum: 18 Maart 2022