Vakante Pos: Versorgingsbeampte Huis Ebenhaezer
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n positiewe, energieke, georganiseerde Versorgingsbeampe wat in samewerking met die Toesighouer: Huis Ebenhaezer verantwoordelikheid kan neem vir die effektiewe bestuur en funksionering van die tehuis. Die persoon moet bereid wees om skofte te werk, ingesluit nagskof.
Die posbekleer sal verantwoordelik wees vir die koordinering van dienste in die die tehuis. Die posbekleer is ook verantwoordelik vir die daarstel van ‘n higieniese omgewing waarin inwoners kan floreer en moet ondersteuning bied tov fondsinsamelingsprojekte.
Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:
- Senior Sertifikaat en toepaslike ondervinding
- Sterk bestuursvaardighede (kontrole, organisering en beplanning)
- Rekenaarvaardighede
- Uitstekende interpersoonlike- en kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans)
- Die vermoë om selfgedrewe en onafhanklik te werk
- Die vermoë om druk te hanteer .
- Bestuurderslisensie ‘n vereiste (PDP sal tot u voordeel wees)
‘n Polisieklaring moet saam met u aansoek ingedien word.
Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849 of e-pos na L Hamman ledivia@innovationfortheblind.org.
Sluitingsdatum: 18 Maart 2022