Maatskaplike Hulpwerker Dienste Afdeling
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Maatskaplike Hulpwerker by Innovation for the Blind (Instituut vir Blindes).
Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die maatskaplike hulpdienste aan persone met visuele sowel as addisionele gestremdhede. Die ideale kandidaat moet oor toepaslike ondervinding beskik.
Pos- en persoonspesifikasies: Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:
- Registrasie by die SACSSP en bewys van betaling vir 2021/22 jaargelde
- Kennis van ontwikkelingsgerigte maatskaplike werksdienste, Wet op gestremdesorg en relevante wetgewing
- Goeie kommuninikasie en administratiewe vaardighede
- Rekenaarvaardig (MS Word)
- Geldige rybewys
- Polisieklaringsertifikaat
Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849 of e-pos u CV na Megan May by hr@innovationfortheblind.org.
Sluitingsdatum: 1 April 2022