Vakante Pos: Assistent Verpleegster
Innovation for the Blind, voorheen bekend as Instituut vir Blindes, bied tans ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n Assistent verpleegster by Huis Brevis (tehuis vir ouer persone). Die ideale kandidaat moet bereid wees om skofte te werk, geregistreer wees by die S.A. Raad op Verpleging en moet beskik oor ʼn bewys van indemniteit.
Pos- en persoonspesifikasies:
- Goeie kommunikasie-vaardighede (in beide Afrikaans en Engels)
- Leierskapvaardighede
- Kan goeie menseverhoudinge handhaaf
- Geldige kode 08 rybewys.
- Bewese kennis en ondervinding in:
- Verpleegsorg
- Algemene versorging
- Administratiewe vaardighede
Alle aansoeke moet ’n polisieklaring insluit.
Rig u CV aan MHB, Posbus 231, Worcester, 6849.
CV’s kan afgegee word by Ons Winkel in Kerkstraat 126 of ledivia@innovationfortheblind.org; skakel Megan May by 023 347 2745 vir verdere besonderhede.
Sluitingsdatum: 1 April 2022