Vakante Pos: Versorger Huis Ebenhaezer
‘n Vakature bestaan tans vir ‘n Versorger by Huis Ebenhaezer, Tehuis vir inwoners met meervoudige gestremdhede.
Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die optimale versorging van die inwoners. Die ideale kandidaat moet bereid wees om skofte en nagdiens te werk en oor toepaslike ondervinding beskik.
Pos- en persoonspesifikasies:
- Kwalifikasie in Tuisversorging/Verpleging word aanbeveel
- Geldige kode 8 rybewys (PDP word aanbeveel)
- Goeie kommunikasievaardighede (in beide Engels en Afrikaans)
- Geduldig
- Kan onafhanklik werk
- Kan goeie menseverhoudings handhaaf
- Polisieklaring of bewys van aansoek verpligtend
CV kan ingehandig word by MHB. Skakel MHB vir enige navrae of verdere besonderhede by X 259 / 023 347 2745.
Sluitingsdatum: 22 Augustus 2022
